17 dae gelede
Ashwin gee jong mense ’n musiek-remedy
PASSIEVOL: Ashwin Remedies leer die jonges in Mitchells Plain meer oor musiek.  ~ Foto Verskaf

’N JONG musikant van Mitchells Plain wil kinders leer hoe om musiek­instrumente te bespeel. Hy het dié groot behoefte in gemeenskap ­gesien.­

Ashwin Remedies (26), ’n bekende baskitaar­speler, het al op die Cape Town International Jazz ­Festival en die Jazzathon opgetree. Hy was daar byvoorbeeld die baskitaarspeler vir ­Jonathan Rubain en Don Vino.

Hy het ook klassieke musiek en jazz aan die Universiteit van ­Stellenbosch studeer.

Die afgelope jaar bied hy die klasse in minderbevoorregte gemeenskappe aan.

In die ­klasse word kinders ­geleer om die baskitaar, tromme en klavier te bespeel.

Lief

Stemklasse word ook aangebied.

“Ek het gesien daar is baie kinders wat baie lief vir musiek is. Toe besluit ek om die klasse vir hulle aan bied. Ek het toe die Graze Music Academy begin. Dit is veral goed dat kinders op ’n jong ouderdom al leer om instrumente te bespeel,” het hy verduidelik.

Ashwin was voorheen ’n musiekinstrukteur by die Genesis Music Foundation en die ­Birthing Foundation Phase Music School saam met Dorian Scheepers.

Daarna was hy ’n kuns- en musiekonderwyser by die ­Hoërskool Cedar.

Verlede jaar het hy die Graze Music ­Academy begin.

Ashwin het die tromme al op ’n jong ouderdom begin tokkel.

Hy het verduidelik: “My pa was my grootste inspirasie om musiek te maak en te bestudeer.

Onderwyser

“Ek het die eerste keer gesien hoe my pa ’n geel Ibanez-kitaar bespeel en ek het baie daarvan ­gehou. Ek wou soos hy wees en het sy optredes geniet. ­

“Later het ek geleer hoe om die baskitaar te ­bespeel. Vandag leer ek ander jong mense om ook musiekinstru­mente te bespeel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters