Verlede maand
Anele-saak is heropen
misterie: Anele Tembe, AKA se wyle verloofde, se inligting is na bewering van haar foon verwyder. Foto: twitter  ~ 

DINGE raak al hoe vreemder in die doodsondersoek na AKA se wyle verloofde, Anele Tembe (22).

Ek het julle laas week vertel nuwe inligting het na vore gekom en die saak is heropen.

Sunday Sun het dié naweek berig die gestorwe 22-jarige se foon is geformat. Dit beteken dat alle inligting op haar foon uitgewis is.

Dié inligting kon dalk gehelp het om onopgeloste vrae oor haar hartverskeurende dood te beantwoord.

Anele het op 11 April by die Pepperclub Hotel in Kaapstad na haar dood geval.

Ná meer as drie maande is daar nog geen closure vir haar geliefdes nie.

En nou is die inligting wat moontlik kon help, witweg.

ZAlebs berig haar familie was in besit van haar foon nadat sy afgesterf het.

’n Vriend het glo dié foon aan hulle oorhandig.

’n Bron vertel aan die website dat Anele se familie nie haar foon se kode geken het nie.

Hulle het AKA gevra of hy dalk weet wat die kode is om haar foon oop te sluit.

“Hy het aan hulle gesê dat hy dit ook nie ken nie en dat sy dit ’n geheim gehou het,” verklap die bron. Dié bron verklap ook dat comments wat Anele gemaak het oor AKA se baby mommy­, DJ Zinhle, alles uitgewis is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters