2 maande gelede
Album maak drome waar
PRESTASIE: Triveno se album Walking Tall is reeds beskikbaar op aanlyn platforms.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE sanger en liedjieskrywer Triveno het onlangs sy album uitgereik.

Triveno vertel die plan was om sy album laas jaar klaar te maak, maar weens die pandemie kon hy nie.

“Ek het toe besluit om dit hierdie jaar klaar te maak.”

Die album Walking Tall is op 15 Oktober op aanlyn platforms uitgereik, maar Triveno wil dié naweek ’n amptelike bekendstelling hou met CD-eksemplare.

Die kunstenaar van die Paarl sê die album sluit 10 liedjies in wat hy oor die jare geskryf het.

Triveno sing en skryf oor sy lewe en die dinge waardeur hy gaan.

Die naam van die album is ook die titelsnit op die CD.

“Dit gaan oor ’n tyd toe ek deur ’n moeilike tyd in die lewe gegaan het.

“Ek wil ander aanmoedig met die song deur te sê almal gaan deur moeilike tye, maar ons moenie moed opgee nie.

“Alles hoef nie heeltyd reg te wees nie en ons moet soms slegte dinge beleef.”

Hy sê die song het hom gedurende die donker tye hoop gegee.

Oor die album sê hy: “Dit gee my ’n gevoel van prestasie.”

Droom

Oh my word! Dit is ’n groot droom wat waar geword het.

“Ek het altyd vir myself gesê ek wil my album uitbring voordat ek 40 raak en nou het ek.”

Triveno beskryf dit as sy grootste droom en hy is nou bly dat mense sy liedjies kan hoor.

Die amptelike uitreiking van sy album is Saterdag by die Berg River Brewery in die Paarl. Kaartjies is op quicket.co.za beskikbaar.

Triveno sal Saterdag saam met sy hele band optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters