18 dae gelede
Album bring heling
Dit help: Reggie Peace­ sê die maak van die album was vir hom ’n terapeutiese ervaring.  ~ Verskaf

AS JY op soek is na ’n nuwe lewe, moet jy sélf een skep.

Dít is die boodskap wat die akteur en musikant Reginald Hufkie, oftewel Reggie Peace, met sy debuutalbum, Nuwe Lewe­, wil uitdra.

Nuwe Lewe.New Life, met 15 songs in Engels en Afrikaans, is laas Vrydag uitgereik. Die album is op Spotify en ander stroomdienste beskikbaar.

Reggie se hoofdoel met die album is om luisteraars te inspireer om teëspoed te oorkom en ’n nuwe lewe te bou.

Dié boorling van Schauderville in Gqeberha het self moeilike grootwordjare deurgeworstel om ’n suksesvolle akteur en musikant te word.

Beter

“Ek was so lost in my old ways. Elke dag het ek met myself gestry. En ek het gehoop vir better ways, maar hoe kan ek verander met my old ways?

“Al wat ek wil doen, is om ’n beter mens te word en rid te raak van al die struggles hier in my kop,” som hy dit mooi op in die titelsnit, wat ook eerste op die album is.

Daarop collaborate hy met sy broers, Joswin en Roman Hufkie. Hy vertel aan Son dié album wys sy eerlikste sy.

Hy maak gebruik van gospel-elemente, asook motivering- en liefdesboodskappe om sy boodskap oor te dra. Liedjies soos “Haal Asem” is vibey, maar dra tog steeds belangrike boodskappe oor.

Hy pak ook allerlei moeilike kwessies wat daagliks in baie gemeenskappe ervaar word, vreesloos aan.

Op sy gewildste liedjie tot dusver, “In die Vlei”, sing hy:

“Ek weet nie hoe ek voel nie. Ek word net geboelie. Geboelie by die skool, geboelie by die huis.

“Soms wil ek net verdwyn. Soms wens ek my pa was daar om die load te dra wat my ma dra. Somtyds wens ek die pyn is weg. Wanneer kom my lewe reg? Liefde is al wat ek soek. Vrede is al wat ek vra.”

Vervaardigers

“In die Vlei”, een van die telenovela Arendsvlei se temaliedjies, is ’n bonussnit op die album. Reggie sê die maak van die album was ’n soort terapeutiese ervaring vir hom.

Dit was ook belangrik om ’n gehalteproduk te lewer. Dis Iets waarin sy vervaardigers, DJ Darkness en Wesley van der Westhuizen, ’n baie groot rol gespeel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters