11 dae gelede
Al haar eiers nie in een mandjie
DANS-CHICK: Zodwa Wabantu het ’n nuwe side hustle.  ~ Instagram

NEE wat, Zodwa Wabantu weet van hustle!

Die danser en mediapersoonlikheid het ’n nuwe, meer tradisionele besigheid – as hoenderboer!

Sy het foto’s in die sosiale media gedeel waarin sy by haar hoenders staan. By die foto’s skryf Zodwa: “Jou Zodwa Wabantu Hoenderbesigheid.”

Ek sien sy het aan Daily Sun gesê sy tref maar net voorsorg om nie platsak te wees nie, veral noudat entertainers so swaar trek tydens die pandemie.

Proaktief

“Ons weet nie wat die toekoms inhou vir kunstenaars nie en ek wil nie broke wees nie. Dit is my grootste vrees.

“Ek moes proaktief wees en aan maniere dink om geld te maak.”

Zodwa het onlangs na Johannesburg getrek. Sy het die hoenderbesigheid in Mpumalanga gekoop.

Die danser gaan glo ook sommer uit haar kar besigheid in Johannesburg doen.

Ek sien opNews24 Zodwa se eerste klant was niemand anders nie as die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Kelly Khumalo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters