15 dae gelede
Aktrise kook en praat uit die hart
genot: Euodia Samson vertel sy hou daarvan om met mense te gesels en hulle te leer ken. Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

PINK drinks, lekker kos en baie praat!

Dit is presies hoe Euodia Samson haar huis geniet, veral haar kombuis, waar sy vir jare kos gekook het vir haar gesin.

Dit is waar dié ma en aktrise ontbyt, lunch en aandete vir haar gesin gekook het, maar nou is dinge anders. Haar kinders het die nes verlaat en ’n vreemde stilte het haar kombuis oorgevat.

Tussen Oktober en November 2020 toe die lockdown-vlakke afgeneem en haar kinders die nes verlaat het, was daar nie meer iemand wat kitaar speel of die jongklomp om mee te klets nie.

Dit was net ’n skielike stilte, maar met ’n quick flip van haar foon se kameralens is daai stilte nie meer daar nie.

Samson het live gegaan op haar Facebook-blad en drie mense het aangesluit. Sy het gekook en net uit die hart oor algemene dinge gepraat.

“Die volgende dag toe vra dieselfde drie mense of ek dan nou nie weer live gaan terwyl ek kos maak nie,” lag sy.

Samson sê sy was so verbaas, maar het toe maar weer live gegaan en die audience het gegroei.

As gevolg van ’n movie waaraan sy gewerk het, was sy nie daagliks beskikbaar nie. Daarom het sy ongereeld op haar Facebook-blad gepost.

plesier: Haar daaglikse Facebook Live-kookprogram was blote toeval, maar is nou meer gestruktureerd.

Klas

Samson het so ver gegaan om die live show ’n daily reeks te maak.

Sy het nou volgelinge wat nie net hier in die Kaap is nie, maar regoor die wêreld.

“Die show begin 15:45 en mense sit letterlik en wag. My volgelinge verwys na my as ’n teacher.

“Die analogy is iets waarmee hulle vorendag gekom het omdat ons leer in die klas as gevolg van wat ek present in die klas,” sê sy.

Samson sê Maandae gesels hulle oor gesondheid, Dinsdae gaan dit oor selfhulp, Woensdae is die topic familie, verhoudings en kinders grootmaak, Donderdae is dit ’n Q&A en Vrydae is dit cocktails, lag en dans.

genot: Euodia Samson vertel sy hou daarvan om met mense te gesels en hulle te leer ken. Foto’s: JONATHAN LESTRADE

Samson sê vir haar gaan dit daaroor om ’n verskil te maak.

“As ek een of twee mense se minds kan change, dan het ek ’n familie gered. Ek is ’n TV personality, maar ek wys my audience my roots.

“Ek vertel hulle van my eie struggles. Ek praat oor my relation­ship struggles, hoe ek overwhelmed was as ’n ma en hoe ek daardeur gekom het, en ook hoe ek nou nog daarmee cope.

“Ek vertel hulle oor my seun wat ’n mental illness het, en hoe ek cope daarmee en mense voel ek is een van hulle.

“Ek is nie daar bo nie. Ek is relatable en dit gee hulle die courage om hul stories te deel,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters