Verlede maand
Akteur Shona Ferguson sterf
Shona Ferguson  ~ Getty Images

DIE bekroonde akteur en vervaardiger Shona Ferguson is Vrydagmiddag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede.

Luidens 'n verklaring van Ferguson Films is Shona aan Covid-19-verwante komplikasies dood.

"Ons vra dat die familie tyd en ruimte gegun word om dié pynlike verlies te verwerk," lui die verklaring. 

Shona (47), wat met die aktrise Connie Ferguson getroud was, het onder meer in Generations, Muvhango en Isidingo gespeel.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters