14 dae gelede
Akteur leef nou droom
GROOT DINGE: Marvin-Lee Beukes skryf tans aan ’n draaiboek.  ~ Jonathan Lestrade

“HY IS baie cool, smooth, vol selfvertroue en dink baie vinnig op sy voete.”

Dit is hoe die briljante akteur Marvin-Lee Beukes sy karakter kapt. Juan Stuurman in die gewilde kykNET-reeks Die Byl beskryf.

Julle sal dié boorling van die Noord-Kaap wat deesdae in Somerset-Wes bly, ook onthou as Charlton in die Showmax-reeks DAM.

Hy het ook in die plaaslike movie Griekwastad neffens die internasionaal bekende akteur Arnold Vosloo gespeel.

Die heel eerste TV-rol wat hy losgeslaan het, was in Binnelanders.

Die akteur vertel vir so lank as wat hy kan onthou, wou hy ’n akteur word.

“Toe ek klein was, was daar kassette van Tolla van der Merwe in die huis.

“Daar was een kasset wat ek heeltemal gememoriseer het. Elke keer as my ma se vriende kom kuier het, dan vertel ek die hele storie oor.”

Hy voeg by hy het in matriek besef dit is werklik iets waarvan hy ’n loopbaan kon maak. Hy het toe aan die Universiteit Stellenbosch drama gaan swot.

Hy vertel toe hy klein was, het sy gesin van die een dorp na die volgende getrek. Hy sê dit het hom geleer om onafhanklik te wees en gou aan te pas by sy omstandighede. Hy’t eers in Loeriesfontein gebly, later Calvinia en toe trek hulle na die Paarl toe.

Die akteur vertel die speurdrama Die Byl is alreeds in sy derde seisoen.

akteur: Marvin-Lee speel die rol van die atletiese polisiekaptein Juan Stuurman in die reeks Die Byl. Foto’s: jonathan Lestrade

Nuwe

“Die script geskryf deur Leon Kruger is vir my verskriklik besonders van die reeks. Hy het die vermoë om veral speurdramas goed te skryf.”

Dinge was nie altyd maanskyn en rose vir die akteur nie. Hy was ’n dwelmverslaafde, maar het ’n nuwe blaadjie omgeslaan.

Vanjaar is hy agt jaar nugter en sy loopbaan skiet die hoogte in. Beukes is ook ’n talentvolle skrywer.

Hy skryf tans aan ’n draaiboek vir ’n fliek.

Hy is ook lid van die skryfspan vir Showmax se op­komende murder mystery Skemerdans.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters