11 dae gelede
AKA wys sy swak smaak
HY’S TERUG: AKA is weer op sosiale media nadat hy ’n break gevat het om met sy verloofde, Nelli Tembe, se dood te deal.  ~ Instagram

“EK SAL op jou graf pis!”

Dít is die song wat oor die naweek op Kiernan “AKA” Forbes se Instagram Stories gespeel het by ’n foto waar hy iets rook.

Dit kom nadat die rapper ’n break van die sosiale media gevat het om te treur oor sy verloofde, Nelli Tembe, se dood.

Nelli het in Maart na haar dood geval – van die 10de verdieping van die Pepperclub-hotel in die Kaap.

Nou is AKA terug in die sosiale media en dit lyk asof hy geen respek oor het vir sy oorle Nelli of haar bedroefde familie nie.

Al is die song “Piss on your Grave” van Travis Scott en Kanye West nie vir Nelli of haar familie bedoel nie, is dit steeds baie laag en gemeen van die rapper.

Ek het die lirieke van die song gaan opsoek en êrens in die song word daar gepraat van “f*ck your relatives” en “popping pills”.

Hierdie is regtigwaar in baie swak smaak, want daar is steeds só baie onbeantwoorde vrae rondom Nelli se dood. Die ding is veral tricky nadat die polisie van Kaapstad gevlieg het om AKA se eks en baby momma, DJ Zinhle, oor hom te ondervra.

Nie eens sy kamstige tell-all interview met die gesoute joernalis Thembekile Mrototo kon meer lig op die omstandighede rondom Nelli se dood werp nie.

’n Mens sou dink dat so ’n tragedie AKA sal laat wakker skrik en twee keer dink oor wat hy post ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters