3 maande gelede
AKA vat liefde na die next level
VERLIEF: AKA en Nelli Tembe is ná byna ’n jaar saam verloof.  ~ Instagram

DIT lyk asof Kiernan Forbes, aka AKA (32), en sy jong bokkie (21) verloof is.

Die “All Eyes on Me”-rapper se meisie, Nelli Tembe, het op Instagram aangekondig sy het hom die jawoord gegee.

Die rapper het self ook die goeie nuus met sy followers in die sosiale media gedeel.

Hy het ’n foto van sy meisie se slanke hand met die groot diamantring daaraan op Instagram gelaai.

By die foto spog hy: “Die liefde van my lewe het ja gesê.”

Te oordeel aan die datum wat die rapper daarby gevoeg het, het die tweetjies reeds Sondag 21 Februarie verloof geraak.

Nelli het dieselfde datum in haar post genoem en geskryf: “Op dié dag (21/o2/21) het ek ja gesê aan die liefde van my lewe en my beste vriend. Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ek is om jou life partner te wees nie. Deur al die highs en lows het jy nog altyd by my gestaan.

Enige

“Ek bedank jou, Kiernan Jarryd Forbes, daarvoor dat jy my met jou hele hart liefhet en dat jy nooit opgegee het op ons nie. Cheers op die begin van vir ewig saam met jou.”

Hoewel AKA sy baby momma, DJ Zinhle, en Bonang Matheba baie lank gedate het, het hy nie vir ieder een van dié twee die jawoord gevra nie.

Hy’t ná byna ’n jaar saam met die jonge Nelli besluit om haar kansel toe te sleep.

Ek wil nog nie geluk sê nie, want ek dink hierdie “verlowing” kan ’n publicity stunt wees vir sy nuwe song, “Finessin’ ”.

Ons oë is op jou, AKA.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters