5 dae gelede
‘7de Laan’ vier sy silwersleutel-verjaardag
GROOT MYLPAAL: Die bestuur en rolverdeling van 7de Laan is diep dankbaar teenoor hul lojale kykers.  ~ 

EEN van Mzansi se grootste sepies, 7de Laan, het Sondag sy 21ste ­bestaansjaar gevier.

Thandi Ramathesele, die uitvoerende vervaardiger van dié sepie, sê hierdie is beslis ’n groot mylpaal vir hulle.

“Dit is ’n bewys van die groot impak wat televisie­programme soos 7de Laanop mense se lewens maak. Dit is geen toeval dat die show so ’n mylpaal kon bereik nie.”

Sy voeg by: “Om ’n sepie tydens ’n pandemie staande te hou is sover een van ons grootste uitdagings, maar ’n toegewyde span met die regte vaardighede en ’n optimistiese aanslag het dit vir ons kykers moontlik ­gemaak.”

Ramathesele sê hulle vier die uiteenlopende storie­lyne wat in die 21 jaar op die kassie verskyn het.

“Dit is gebruiklik in Suid-Afrika dat ’n individu ’n goue of silwer sleutel op hul 21ste verjaardag kry.

“Die sleutel simboliseer hul lewe van ’n volwasse wat nou oopgesluit word.

“Ons is dankbaar vir ons ongeloof­like lojale fans asook die SABC wat ons toe­ge­laat het om ons vryheid van spraak oor die 21 jaar te kon uitleef.”

Piet Matipa, hoof van die draaiboek-departement, ver­duidelik hoe die onlangse ­storielyne in 7de Laan ­simbolies is van hoe die sepie “grootgeword” het.

“Soos die geslags­ge­baseerde geweld-storielyn waarin die aanvaller vir sy kriminele dade tronk toe ­gestuur is.

“Die daaglikse struikelblokke van ­dowes is ook onder die aandag van die kykers gebring toe Tjattas sy gehoor tydelik verloor het.

“Rickus se stryd met ­alkohol- en pynpilver­slawing is ’n baie ernstige maatskap­like kwessie.

“En dan is daar die ­storielyn van Shawn, wat sy seks­uele voorkeur ter wille van ander moes onderdruk.

“Sy storielyn het die kollig laat val op die vrees en ver­werping wat die LGBTQI+- gemeenskap face.

“Kykers het ook in die hartseer van ’n ma gedeel toe Connie gesukkel het om met die verlies van haar baba te deal.”

Hoewel 7de Laan sy 21ste bestaansjaar vier, gaan die sepie steeds vanaf vanaand net drie dae ’n week op die kassie wees.

Die nuwe sepie Die ­Sentrum is nou Donderdae en Vrydae om 18:00 op SABC2.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters