2 maande gelede
Vandag D-dag
lag my kla
Lag My Kla die aanlynkomedie-reeks  ~ 

D-DAG is hier! Maandagaand sal drie opkomende komediante op een verhoog saam met van Mzansi se beste komediante sien in die produksie Lag my Kla’.

Die drie finaliste in die kompetisie Lag My Kla’ wat Maandagaand gaan uithaal om die R15 000-kontantprys te wen, is: Ga­briel Plaatjies, Jeremia Kam­mies en Nolan Europa.

Die wenner van vanjaar se kompetisie word aangekondig in die show, waarin hulle ook die geleentheid kry om hul slag vir die eerste keer op die Suidoosterfees-verhoog te wys.

Gesoute komediante soos Schalk Bezuidenhout, Wynand Kotze en Dean Smith sluit hulle by die wenners van Son en kykNET se kompetisie Lag My Kla’ en hulle mentors aan vir ’n aand van skreeusnaakse vermaak.

Haas

Maandag is ook die eerste keer dat Dean sy alter ego, Aunty Betty, aan ’n live gehoor voorstel. Jy moet dit dus nie misloop nie.

Die show Lag My Kla’ is ’n uitvloeisel van dié kompetisie en mentorskapprogram waarin Shimmy Isaacs, Francois van As en Lunga Tshuka opkomende jong kome­diante onder hande geneem het.

Daar is nog net enkele kaartjies oor. Jy moet jou dus nou haas na computicket.co.za!

Kaartjies moet vooraf by Computicket bespreek word. Kliek hier vir joune!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters