3 maande gelede
Stem vir jou gunsteling komediant
lag my kla,son,kyknet
Son & kykNET bied aan Lag My Kla  ~ 

HET jy al vir jou gunsteling-komediant gestem?

Die Lag My Kla-kompetisie se ses finaliste is Maandagaand live op son.co.za bekend gemaak.

Dié kompetisie wat deur Son, kykNET en die Suidoosterfees aangebied word, bied aspirant-komediante die geleentheid om naam te maak.

Gehelp

Daar het 15 deelnemers aan die begin van September met die eerste Afrikaanse aanlyn komedie-reeks begin. Van hulle het vir die eerste keer ’n grap vertel. Nou is daar net ses finaliste.

Vroeër dié maand is die deelnemers gementor deur mense wat weet hoe om ’n lekker grap te vertel.

Shimmy Isaacs, Rezah Forbes­ en Solomon Cupido het die ses tot by hierdie punt gehelp en nou kort hulle die publiek se stem om as wenner gekroon te word.

Daar is ook R10 000 op die spel.

Die wenner van die kompetisie word Sondag 4 Oktober op son.co.za aangekondig.

Verhoog

Die gelukkige een stap nie net met kontant in sy of haar bankrekening weg nie, maar gaan ook in November saam met van die groot name in die bedryf by die Suidoosterfees se inry-teater optree. Saam met die wenner sal die deelnemers wat tweede en derde eindig in die Lag My Kla-kompetisie ook op 5 November op die verhoog wees saam met die drie mentors.

Alfred Adriaan, Schalk Bezuidenhout en Wayne McKay gaan ook daar wees.

Om te stem, SMS die woorde Lag My Kla, gevolg deur die nommer van jou gunsteling-deelnemer na 35128.

SMS-lyne is oop tot môreaand 22:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e tel nie.

Die ses finaliste is Allister October, Jean Julies, Monrico van Wyk, Pauline Aaron, Rowen­ Gericke en Vernon Shakur.

lag my kla
Stem deur te SMS Lag My Kla gevolg deur jou gunsteling se nommer na 35128. 1 vir Allister October, 2 vir Jean Julies, 3 vir Monrico van Wyk, 4 vir Pauline Aaron, 5 vir Rowen­ Gericke, 6 vir Vernon Shakur.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters