3 maande gelede
Son en kykNET: Lag My Kla
lag my kla,son,kyknet
Son & kykNET bied aan Lag My Kla  ~ 

3 Julie 2020

PERSVERKLARING: Son en kykNET: Lag My Kla

Son, die land se eerste Afrikaanse tabloid-koerant, bied aan in samewerking met kykNET, die DStv-kanaal vol lewe, die aanlyn komediereeks Lag My Kla’.

Suid-Afrikaners is mal oor aanlyn humor en by Son glo ons ook lag is die beste medisyne, daarom het ons hoog gespring toe ons die geleentheid sien om die eerste aanlyn komediereeks in Afrikaans te begin. Watter beter manier is daar nou om die maagspiere te kielie en terselfdertyd die plaaslike kunste en ons kunstenaars te ondersteun?

Met dié kompetisie betrek ons nie net lojale Sonlanders wat die koerant in druk en aanlyn volg nie, ons gaan ook sommer ons lesers en die breë gemeenskap vermaak en bemagtig. Gesoute komediante is aan die stuur om deelnemers in elke stap van begin tot einde te mentor. Hulle sal onder meer die finaliste se skryf- en stage performance-talent help ontwikkel.

Oud en jonk kan deel hê aan die reeks. Al wat jy hoef te doen, is om ’n video van 30 tot 60 sekondes te maak waar jy skoon en  oorspronklike grappies in Afrikaans vertel. Whatsapp jou video voor 30 Julie aan Son by 076 956 8692.  

Ons finaliste sal op 28 September op ons digitale platform meeding om te wys wat hulle geleer het. Die publiek en ’n paneel van die borge kry elk ’n 50%-aandeel in die kies van die wenner. Die publiek kan van 28 September tot 30 September per SMS vir hul gunsteling-deelnemer stem. 

Die wenner van die kompetisie word dan op Sondag 4 Oktober op son.co.za aangekondig.

By Son is almal wenners en elk van die finaliste kry ’n kontantprys. Die wenner stap natuurlik met die grootste prys weg en sal ook ’n gasverskyning op kykNET maak. 

---

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters