22 dae gelede
#KYK: Show groot sukses volgens toeskouers se getoet
lag my kla
Son en kykNET se Lag My Kla by die Suidoosterfees-inryteater. Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

NEE kyk, mense het hulle sommer klaar gelag Donderdagaand by die Lag My Kla-produksie.

’n Mens kon dit duidelik hoor aan al die getoet van die toeskouers wat die komedie-produksie vanuit hul karre op ’n big screen gekyk het.

Hoewel dit so ’n bietjie gesous het, het die koue weer glad nie mense se gemoedere gedemp nie. Die Atlantic Studios-inry­teater was stampvol karre en mense kon nie genoeg kry van die briljante komediante nie.

Dit was die eerste keer dat die wenners van Son se Lag My Kla-kompetisie voor ’n groot gehoor opgetree het en hoewel daar nerves was, het hulle ’n sukses van hul set gemaak.

Ons sien julle hopelik volgende jaar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters