2 maande gelede
Reeks kondig mentors aan
GEWILD: Shimmy Isaacs is een van die beoordelaars in die Lag My Kla-kompetisie.  ~ Foto Verskaf

JULLE brand seker al om te weet wie die briljante komediante is wat die mentors en beoordelaars gaan wees van Son se aanlyn komediereeks Lag My Kla, in samewerking met kyk­NET.

Wel, jy hoef nie verder jou oulike koppie daaroor te breek nie. Die uitverkorenes is die Worcesteriet Shimmy Isaacs, een van Mzansi se voorste vroulike komediante, Rezah Forbes, wat laas jaar ’n finalis in die eerste seisoen van Maak My Famous was, en die bakgat akteur en komediant Solomon Cupido.

Hierdie gesoute komediante is aan die stuur om deelnemers in elke stap van begin tot einde te mentor.

Hulle sal onder meer die finaliste se skryf- en stage performance-talent help ontwikkel.

Oud en jonk kan deelneem. Al wat jy hoef te doen, is om ’n video van 30 tot 60 sekondes te maak waar jy skoon en oorspronklike grappies in Afrikaans vertel.

WhatsApp jou snaakse video teen 14 Augustus aan Son by 076 956 8692.

’n Paneel grapjasse sal dan kyk watter video’s hulle die lekkerste laat lag om ons 60 semi-finaliste te kies.

Meeding

Uit hulle word die top-12 gekies, wat dan deur die pro’s gementor word. Ons top-12-finaliste sal op 25 September op ons digitale platform meeding om te wys wat hulle geleer het.

Die publiek kan van 25 September tot 30 September per SMS vir hul gunsteling-deelnemer stem.

Die wenner word op ’n Watch Party op Vrydag 2 Oktober regstreeks op son.co.za aangekondig. By Son is almal wenners en elk van die 12 finaliste kry ’n kontantprys.

Die wenner stap natuurlik met die grootste prys weg en sal ook ’n gasverskyning op kykNET­ maak.

Skryf net teen 14 Augustus in.

Onthou, jou grappe moet skoon en oorspronklik wees.

Die video moet hoogstens ’n minuut lank wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters