Verlede maand
Mentors maak reg om te lag
ALL-ROUNDER: Lunga Tshuka kan jou ook nie net laat lag nie, hy boks ook.  ~ Verskaf

DIS nou nie meer ’n geheim wie vanjaar Son se aanlyn komediereeks, Lag My Kla, aanbied nie.

Afgesien van Emo Adams wat aan die projek deelneem, is daar vanjaar ook drie gesoute komediante wat mentors vir ons deelnemers gaan wees.

Een van die land se voorste vroulike komediante, Shimmy Isaacs, is weer op die paneel om die mentors in elke stap van begin tot einde te mentor.

Dié boorling van Worcester het geen bekendstelling nodig nie en sy sien uit na die nuwe reeks.

Twee nuwe mentors sluit hulle vanjaar by haar aan.

Die bekroonde Francois van As vertel nie net grappe nie.

Nadat hy in sy vroeër jare in ’n aantal rock bands gespeel het, het hy besluit om solo te gaan. Hy probeer nou sy ding as komediant.

Hy het sy reis begin as lid van die Afrikaanse komedie-groep Gemengde Vrugte saam met Kobus Galloway en Schalk Bezuidenhout­.

Geskiedenis

Lunga Tshuka is ’n all-rounder wat grappe vertel om mense gelukkig te maak.

Sy loopbaan as komediant het in 2012 begin en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Hy het ook al die verhoog met Marc Lottering, Carl Weber­, Mel Jones, Kurt Schoonraad en Deep Fried Man gedeel.

Lunga kan jou nie net laat lag nie. Hy boks ook, maar meer daaroor in ’n ander berig.

Shimmy, Francois en Lunga gaan onder meer die deelnemers se skryfvaardighede en stage performance help ont­wikkel.

Oud en jonk kan deelneem.

Al wat jy hoef te doen, is om ’n video van twee minute te maak waarin jy jou skoon en oorspronklike­ grappies in Afrikaans­ vertel.

WhatsApp jou snaakse video aan Son by 076 956 8692.

’n Paneel grapjasse sal dan kyk watter video’s hulle die lekkerste laat lag. Só word ons deelnemers gekies.

Die wenner stap natuurlik weg met ’n kontantprys van R15 000.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters