29 dae gelede
Lag My Kla: Finaliste
lag my kla,son,kyknet
Son & kykNET bied aan Lag My Kla  ~ 

Daar het 15 deelnemers aan die begin van September met die eerste Afrikaanse aanlyn komedie-reeks begin. Van hulle het vir die eerste keer ’n grap vertel.

Vroeër dié maand is die deelnemers gementor deur mense wat weet hoe om ’n lekker grap te vertel. Shimmy Isaacs, Rezah Forbes­ en Solomon Cupido het die ses tot by hierdie punt gehelp en nou kort hulle die publiek se stem om as wenner gekroon te word. Daar is ook R10 000 op die spel.

Die kompetisie wat deur Son, kykNET en die Suidoosterfees aangebied word, bied aspirant-komediante die geleentheid om naam te maak.

Die wenner van die kompetisie word Sondag 4 Oktober op son.co.za aangekondig en op Dinsdag 29 September 2020 maak ons ook 'n announcement oor die kompetisie in Son koerant, wat die Top-3 raak.

Om te stem SMS die woorde Lag My Kla, gevolg deur die nommer van jou gunsteling-deelnemer na 35128. SMS-lyne is nou oop tot Woensdagaand 22:00. Een SMS kos R1,50. Gratis SMSe tel nie.

Hier is die ses finaliste:

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters