15 dae gelede
#KYK Lag My Kla: FINALE
lag my kla,son,kyknet
Son & kykNET bied aan Lag My Kla  ~ 

Dis die groot finaal van Lag My Kla’ die eerste aanlyn-komedie-reeks in Afrikaans aan jou gebring deur Son Koerant, kykNET en die Suidoosterfees - want die Son Sien Alles, kykNET is vol lewe en met Suidoosterfees is dit ‘n fees vir almal.

Aan die begin van September is 15 deelnemers in drie groepe opverdeel. Hulle is deur gesoute komediante, Shimmy Isaacs; Rezah Forbes en Solomon Cupido gementor en leiding gegee en toe word ses mense gekies vir wie die publiek kan stem om te wen.

Kyk hier regstreeks 18:00 wanneer die wenner aangekondig word:

Die wenner stap weg met R10,000 kontant en met die naaswenners sal saam met die mentors van die reeks Shimmy, Rezah, Solomon, asook Alfred Adriaan, Schalk Bezuidenhout, Melt Sieberhagen en Wayne McKay by die Suidoosterfees inry-teater op 5 November te sien wees. 

Kaartjies vir die Suidoosterfees is nou reeds beskikbaar by Computicket.

lag my kla
Lag My Kla gaan Suidoosterfees toe!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters