17 dae gelede
Lag lekke Saam in 2021
Lag Saam: Gesoute komediante is aan die stuur met Emo Adams as aanbieder.  ~ Verskaf

ALMAL het in 2020 lekker saam gelag – en nou kan jy wéér.

Son, die land se eerste Afrikaanse tabloid, bied weer die aanlyn komediereeks Lag My Kla aan.

Dit word moontlik gemaak in samewerking met kykNET­, die DStv-kanaal vol lewe­.

Suid-Afrikaners is mal oor aanlyn humor­ en by Son glo ons lag is die beste medisyne.

Ons het gou gespring toe ons in 2020 tydens lockdown die geleentheid sien om die eerste aanlyn komediereeks in Afrikaans te begin.

Dis ook nie net dat die lagspiere bietjie gekielie word nie. Ons ondersteun­ ook sommer die plaaslike kunste en kunstenaars.

RAAD: Shimmy Isaacs keer vanjaar terug en sal een van drie mentors wees wat deelnemers na die wenstreep gaan help.

Bemagtig

Met dié kompetisie betrek­ ons nie net lojale Sonlanders wat die koerant in druk en aanlyn volg nie.

Ons gaan ook ons lesers en die breë gemeenskap vermaak en bemagtig.

Gesoute kome­diante is aan die stuur om deelnemers in elke stap van begin tot einde te mentor.

Hulle sal onder meer die finaliste se skryftalent en stage performance help ontwikkel.

Oud en jonk kan aan die kompetisie deelneem. Vanjaar bied Emo Adams dit aan.

Emo het natuurlik geen bekendstelling aan Sonlanders nodig­ nie.

Lag Saam: Gesoute komediante is aan die stuur met Emo Adams as aanbieder.

Al wat jy hoef te doen, is om ’n video van twee minute lank te maak waar jy skoon en oorspronklike grappies in Afrikaans vertel.

WhatsApp jou video aan Son by 076 956 8692.

Nadat die deelnemers deur gesoute komediante gementor is, sal hul mentors­ die finaliste kies.

Dan gaan jy die kans kry om vir jou gunsteling deelnemer te stem.

Laas jaar het ons topdrie saam met van die land se beste komediante en groot name in die bedryf die verhoog by die Suidoosterfees se inryteater gedeel.

Van ons ander finaliste het in April vanjaar ook daardie geleentheid gekry toe die fees by Kunstekaap aangebied is.

Monrico van Wyk was laas jaar in Karls­ruhe in Suidwes-Duitsland toe hy ingeskryf het.

Spyt is hy nie, want hy is as die Lag My Kla-wenner gekroon.

Die boorling van Eersterivier het al as laitie ’n droom gehad om by die Suidoosterfees op te tree.

Hy beskryf­ homself as die grapjas van die familie. Ná sy oorwinning het hy vertel sy droom is om­ in ’n teater stand-up comedy te doen.

WENNER: Monrico van Wyk het in 2020 met die eerste prys weggestap en ook saam met van die land se beste komediante by die Suidoosterfees se inryteater opgetree.

Spyt

“Deur Son en kykNET se Lag My Kla te wen en by die Suidoosterfees op te tree, is ek nou nog ’n stap nader daaraan om daardie droom ’n werklikheid te maak,” borrel hy.

So, begin solank oefen aan jou grappe en maak seker jy skryf in.

Onthou, jou grappe moet skoon en oorspronklik wees.

Stuur jou video in ’n WhatsApp-boodskap na 076 956 8692.

Die video moet hoogstens twee minute lank wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters