Verlede maand
Kry lagspiere en vote reg
SHIMMY ISAACS  ~ 

AS JY nog nie na die afskop-episode van die Lag My Kla-kompetisie gekyk het nie, mis jy beslis uit.

Die eerste episode van Son, kykNET en die Suidoosterfees se komedie-kompetisie is verlede Vrydag 18:00 op son.co.za uitgesaai.

Ons 15 deelnemers is in 3 groepe verdeel.

Terwyl Sonlanders elke Vrydagaand hul video’s kan kyk, kry die deelnemers guidance van ons drie mentors, Shimmy Isaacs, Rezah Forbes en Solomon Cupido.

Die mentors sal teen 25 November twee persone uit elke groep kies wat ons finaliste gaan wees. Hulle sal onder meer kyk na die vordering wat gemaak is en hoe die deelnemers toepas wat hulle geleer word.

Op Maandag 28 September wys ons nuwe video’s van ons finaliste, waar hulle toepas wat hulle geleer het.

Daarna kan die publiek vir hul favourite stem. Die publiek en ’n paneel (wat uit verteenwoordigers van Son en kykNET bestaan) het elk ’n 50%-sê in die kies van die wenner. En vir die drie persone wat die meeste stemme kry, wag ’n exciting announcement binnekort...

Ons 15 deelnemers is:

  • Allister October
  • Anton Wessels
  • Gavin Opperman
  • Grant Lewis
  • Jane van Wyk
  • JeTaime Frans
  • Jean Julies
  • Monrico van Wyk
  • Pauline Aaron
  • Ricardo Jantjies
  • Ricardo Plaatjies
  • Rowen Geneke
  • Tazneem Monroe
  • Vernon Shakur
  • Warren Blaauw
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters