27 dae gelede
Kom met die komedie
Francois van As
KAN NIE WAG: Francois van As is opgewonde om deel te hê aan die kompetisie.  ~ Verskaf

DIE singende kome­diant is gereed om sy ervaring met jong aspirantkunstenaars te deel.

Francois van As is een van die mentors in Son se Lag My Kla-kompetisie en hy is baie opgewonde om daaraan deel te neem.

Francois is oorspronklik van Bredasdorp in die Wes-Kaap. Hy laat gewoonlik die gehoor met sy kitaar­ en ’n funny liedjies skater.

Die gewese lid van ’n rockgroep het sy komediereis begin as lid van die Afrikaanse­ komediegroep Gemengde­ Vrugte saam met Kobus Galloway en Schalk Bezuidenhout­.

Hy het in clubs van Kaapstad tot in Johannesburg sy grappe met ander gedeel.

Francois vertel die Covid-19-pandemie het hom ook maar omgegooi.

Hy was twee jaar laas op die verhoog­.

Snaaks

Hy is tans besig om aan sy nuwe eenmanvertoning te werk. Oor die Lag My Kla-kompetisie sê hy opgewonde: “Ek kan nie wag nie.”

Die komediant sê om grappe te vertel en snaaks te wees is iets waarmee hy gebore is.

Aan die aspirant­komediante, veral dié wat huiwer om aan die kompetisie deel te neem, sê hy: “Dis nou tyd vir die jong outjies om op te staan en die verhoog te vat.

“Maak video’s, vat raad van ander kunstenaars en gebruik die tyd om jou brand te bou.”

“Stuur jul video’s­ in. Wat is daar om te verloor?”

Francois sê een van die goed wat hy glo, is dat almal ten minste een keer in hul lewe stand-up comedy moet doen.

“Maak seker jy mis nie uit op die kans nie en skryf sommer vandag nog in.”

Onthou, jou grappe moet skoon, oorspronklik en in Afrikaans wees.

Stuur jou video in ’n WhatsApp-boodskap na 076 956 8692.

Die video moet hoogstens twee minute lank wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters