Verlede maand
Dié finaliste lag ‘kla-ste’
entrepreneur: Lunga Tshuka is een van die komediante wat die Lag My Kla-finaliste gaan mentor. foto’s verskaf  ~ 

VANDAG is D-Day: Son se aanlyn Lag My Kla-kompetisie is uiteindelik uit die blokke.

Ons deelnemers is gekies en van die land se beste komediante gaan Maandag begin om hulle te slyp om sommer diep spore in die komediebedryf te trap.

Een van die gesoute komediante wat ons deelnemers ál die komedie-truuks gaan leer, is die Worcesteriet Shimmy Isaacs, een van die land se voorste vroulike komediante. Sy is weer op die paneel om die deelnemers in elke stap van begin tot einde te mentor.

Grappe

Die bekroonde singende komediant Francois van As was eers lid van die Afrikaanse­ komediegroep Gemengde­ Vrugte. Hy is saam met Kobus Galloway en Schalk Bezui­denhout­ op die paneel.

Die all-rounder en skepper van The Energizer Funny, Lunga Tshuka, gaan ook om die mentor-tafel kuier.

Dan is daar almal se gunsteling tjoklitneef, daai een wat oor die jare met sy grappe, moves en sangtalent Suid-Afrikaners se harte gewen het.

Ja, jy het reg geraai. Ek praat van die charismatiese Emo Adams, wat vanjaar die aanlyn komedie aanbied!

wys truuks: Die entertainer Emo Adams gaan help om die Lag My Kla-finaliste vir die tweede seisoen­ te slyp.

Die gesoute komediante is reg om die week hul mentor-hoedjies op te sit en ons amateurkomediante in pro’s te laat ontaard.

Met dié kompetisie betrek­ ons nie net lojale Sonlanders wat die koerant in druk en aanlyn volg nie. Ons gaan ook ons lesers en die breë gemeenskap vermaak en bemagtig.

Gesoute kome­diante sal onder meer die finaliste se skryftalent en stage performances help ontwikkel.

Hier is vanjaar se finaliste:

  • Anthony van Skippers
  • Christopher Sias
  • Elrique Daniels
  • Gabriel Plaatjies
  • Jasper Ehlers
  • Jeremia Kammies
  • Nolan Europa
  • Vernon Raas
  • Warren Blaauw
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters