29 dae gelede
Deelnemers raak nou ernstig oor grappies
 ~ 

VIR die aspirant-komediante in Son, kykNET en die Suidoosterfees se Lag My Kla-kompetisie is dit nou nie meer grappies nie.

Dié ses is doodernstig daaroor om te wen, maar ook om hul talent te wys op die platform wat vir hulle geskep is.

Allister October, Jean Julies, Monrico van Wyk, Pauline Aaron, Rowen Geneke en Vernon Shakur is Maandagaand as die finaliste aangekondig in die eerste aanlyn komediereeks in Afrikaans.

In hul WhatsApp-groep deel almal hul dank vir die geleentheid en die emoji’s kom so vinnig soos die jokes.

Son het gister bekend gemaak dat die wenner en twee naaswenners in November by die Suidoosterfees-inryteater ’n verhoog met Shimmy Isaacs, Rezah Forbes, Solomon Cupido, Alfred Adriaan, Schalk Bezuidenhout en Wayne­ McKay gaan deel.

Hierop sê Monrico van Wyk: “Wow, julle is die beste. Om die verhoog met die bestes innie land te deel, is ’n dream come true.

Sprakeloos

“Niemand behalwe Son het dit sien kom nie!”

Die roos onder die dorings, Pauline Aaron, sê: “Ek is sprakeloos en gaan nou nie kan slaap tot die wenner op 4 Oktober aangekondig word nie. God sien alles, maar so ook Son.”

SMS-lyne is oop tot vanaand 22:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e tel nie.

Om te stem, SMS die woorde Lag My Kla, gevolg deur die nommer van jou gunsteling-deelnemer na 35128.

Die deelnemers en hul nommers is:

  • 1 vir Allister
  • 2 vir Jean
  • 3 vir Monrico
  • 4 vir Pauline
  • 5 vir Rowen
  • 6 vir Vernon
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters