Verlede maand
Bakgat akteur en komediant is nie die familie-grapjas nie
solomon Cupido  ~ 

Hy het sy eerste grap in die kerk vertel en al laat hy mense lag, kan Solomon Cupido ook ernstig wees. 

Die akteur en comedian, oorspronklik van die Paarl woon tans in die Goudstad, vertel in sy familie is hy nie die grapjas nie. 

Hy fokus die afgelope twee jaar op stand-up comedy, omdat hy daarvan hou om mense te laat lag.

"Ek het by die kerk begin want dit is waar ek grootgeword het en ook omdat die kerk te ernstig begin raak het. In my mening moet die kerk lekker wees," vertel Solomon.

In ons onderhoud vertel hy bietjie van sy trip verlede jaar na Israel waar hy in 'n musical was, maar dat hy nie kan sing nie. Die musical in Jerusalem was nie sy eerste nie.

Solomon se eerste play was saam met sy vriend, die akteur Bradley Olivier, in Dakskroef en Spacekriek. Hy vertel ons waar en hoe die play begin het en dat daar binnekort 'n part two is.

Hy is nie net akteur en vertel grappe nie maar het op skool ook rugby gespeel en deel bietjie van daardie ervaring met ons.

Onder lockdown sit hy nie stil nie en werk aan 'n paar projekte, en deel van dit. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters