2 maande gelede
Aunty Bettie MC by show
KOM KYK! Dean Smith is een van die aanbieders van die Lag My Kla-produksie wat Maandagaand by die Suidoosterfees se inryteater te sien is.  ~ Verskaf

DIE geliefde auntie Bettie en haar skreeusnaakse agterstevoor frases gaan ook Maandagaand op die Suidoosterfees se Lag my Kla-verhoog wees.

Ons gaan ons kla lag vir dié komedieproduksie wanneer die geliefde Suidooster-akteur Dean John Smith die fabulous bril en pruik van auntie Bettie vat en ons vermaak met haar kaskenades.

Dean gaan by die Suidoosterfees-inryteater optree saam met die drie Lag My Kla-finaliste wat die meeste stemme ingeryg het. Die finaliste se mentors soos Schalk Bezuidenhout gaan ook jou lagspiere kielie. Dis ’n show wat jy sal wil beleef, want laas jaar het die toeskouers op hul toeters gelê en brights gegooi om te wys hulle lag hulle kla! Die komediante binne die gebou kon natuurlik duidelik die commotion hoor en dit het net ’n lekker atmosfeer en samesyn geskep.

Dean vertel wat ons van hom en aunty Bettie kan verwag: “Ek is mos nie ’n comedian nie, so ek gaan MC. En nog ’n ding: vir die eerste keer gaan aunty Bettie my help. Live! Ons moet maar kyk wat sy gaan doen.

“Julle moet kom kyk wat daai vrou in haar mou het. So, stiek yt!”

Kaartjies moet vooraf by Computicket bespreek word: Dis R300 per voertuig met maksimum vier mense en R250 as daar net twee in die voertuig is. Daar sal ook ’n kosstalletjie wees en mense kan in kampstoele langs hul voertuig sit as hulle wil.

Click hier om jou kaartjie sommer nou te kry!

Lag My Kla word vanjaar aangebied deur Emo Adams. Shimmy Isaacs, Francois van As en Lunga Tshuka is mentors.

Dit word aan jou gebring deur Son, kykNET, MTN en die Suidoosterfees.

auntie bettie
Auntie Bettie sal vir die eerste keer op die verhoog te sien wees by die Suidoosterfees se Lag My Kla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters