2 maande gelede
Zlatan se loopbaan dalk verby
Zlatan Ibrahimovic.  ~ Getty images

DIE Covid-19-pandemie kan sokker se ikoniese figuur Zlatan Ibrahimovic tot vroeë uittrede dwing omdat daar onsekerheid is oor wanneer die sport na normaal sal terugkeer.

Die gesoute striker geniet ’n tweede stint by AC Milan nadat sy kontrak met die Major League-sokkerspan LA Galaxy verstryk het.

Ibrahimovic het reeds drie doele in ag wedstryde in die Seria A gescore voordat die seisoen skielik tot stilstand gekom het, met Europa die episentrum van die pandemie.

Italië is die land wat die hardste getref is.

Gedagte

Nagenoeg 90 000 gevalle is al daar aangemeld en sowat 10 000 mense is al dood.

La Gazzetta dello Sport berig Ibrahimovic en sy omstrede agent, Mino Raiola, oorweeg dié gedagte.

Die Sweeds-gebore Ibrahimovic glo Raiola se sterk invloed in sokker kan hom dalk help om ’n coaching-rol te kry wanneer hy binnekort sy toks ophang.

Hy het vir klubs soos Ajax, Juventus, Paris Saint-Germain, Barcelona, United en albei Milan-grotes uitgedraf, en oor die 30 major titels op klubvlak verower. Hy het 116 caps vir Swede. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters