21 dae gelede
Wie waai eerste?
pep guardiolaFoto’s: GETTY IMAGES  ~ 

DIE kollig val van volgende maand weer op die mees opwindende sokkerliga op die planeet – die Engelse Premierliga (EPL).

Die coaches van die 20 deelnemende EPL-spanne sal ook met valkoë dopgehou word.

Dis geen geheim die druk op die breiers is nét so groot soos op die spelers om week ná week bestendig te vertoon nie.

Van die 20 afrigters in beheer maak vyf van hulle dié seisoen hulle buiging in die EPL. Drie van hulle is Dean Smith (Aston Villa), Chris Wilder (Sheffield United) en Daniel Farke (Norwich City).

Chelsea se Frank Lampard en Graham Potter van Brighton & Hove Albion is die ander twee debutante wie se dienste albei van die Championship opgeraap is.

Verwagtinge is dat Pep Guardiola nóg sukses en geskiedenis met sy Manchester City-span sal behaal.

Dit terwyl sy eweknie van Liverpool, Jürgen Klopp, ook drome het om die Reds se droogte van bykans 30 jaar sonder ’n liga­titel te beëindig.

Gefire

En nes Guardiola en Klopp se besluite en taktieke in hulle soektog na sukses bevraagteken sal word, so sal van hulle eweknieë ook onder kritiek deurloop in hulle eie stryd teen relegasie in die voorste kompetisie.

En om ’n bestuurder in die EPL te wees, kom gewoonlik teen ’n duur prys.

Die onlangse odds vir die bestuurders wat dié seisoen eerste gefire sal word, is bewyse daarvan.

Die verrassing is Manchester United se Ole Gunnar Solskjaer.

Dié is boaan die lys met odds van 6/1, gevolg deur Potter en Newcastle United se Steve Bruce (albei 8/1).

Crystal Palace se Roy Hodgson (10/1) is ook nie ver agter nie en Wilder is ook in die prentjie.

Nóg ’n verrassing is Manuel Pellegrini van West Ham met odds van 12/1.

Lampard (14/1) en Unai Emery (16/1) van Arsenal se odds boesem ook nie veel vertroue in nie.

Guardiola, Klopp (albei 66/1) en Mauricio Pochettino (50/1) van Tottenham is die trio wie se jobs vir nou veilig en gewaarborg is.

Want al sê coaches ook wat hulle wil, hulle hardloop ook maar nes die spelers hulle eie race in hulle strewe om die beste te wees. 

UNAI EMERY
FRANK LAMPARD
OLE GUNNAR Solskjaer
MAURICIO POCHETTINO
Jürgen KLOPP
pep guardiolaFoto’s: GETTY IMAGES
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters