4 maande gelede
Warda weer in span
JAMMER: Amr Warda is terug. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

AMR Warda, middelveldspeler van Egipte wat aangekla is van seksuele teistering en huis toe gestuur is, is deur sy spanmaats gevra om terug te keer na die Afcon-toernooi.

So het dié land se sokkervereniging Vrydag gesê.

Die 25-jarige Warda is uitgeskop voor Woensdag se oorwinning met 2-0 oor die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) na klagte van seksuele teistering vroeër die week in die sosiale media uitgekom het.

Verskeie vroue het screen­shots en getuienisse van Warda se beweerde opmerkings, asook eksplisiete video’s van die speler gelewer.

Die hoof van die Egiptiese FA, Hany Abo Rida, “het besluit om die skorsing van die speler te verminder sodat dit net tot die einde van die eerste ronde duur,” het die vereniging in ’n verklaring gesê.

Egipte het reeds gekwalifiseer vir die ronde van 16 van die kompetisie ná oorwinnings in sy eerste twee wedstryde in groep A.

Verskoning

Warda se spanmaats het hom tydens en ná die oorwinning oor die DRK ondersteun.

Mohamed Salah het ’n tweede kans vir Warda gevra, maar wel sterk teen teistering uitgevaar.

Warda het ’n verskoning aan ondersteuners in ’n video op Facebook uitgereik.

“Hany Abou Rida erken die gees van solidariteit onder die spelers en hulle wens om hulle spanmaat Amr Warda te vergewe,” het die Egiptiese FA bygevoeg.

Baie internetgebruikers, insluitende vroue, het tot sy verdediging gekom, terwyl die hashtag “Team of Harassers” in Arabies Vrydag die mees gedeelde een in Egipte op Twitter was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters