22 dae gelede
Wallis: Basta met boring rugby
JOSH ADAMS Foto: GETTY IMAGES  ~ 

WALLIS sal vandag wil wys hy is beslis nie ’n vervelige rugbyspan nie.

Dít is wanneer die Rooi Drake en Frankryk mekaar in ’n kwarteindstryd van die Rugby World Cup in Japan se Oita Stadion pak. Die afskoptyd is 09:15.

Warren Gatland (afrigter) se Walliese span is deur die Franse speler Yoann Huget in die opbou na vandag­ se wedstryd daarvan beskuldig dat hy boring­ rugby speel.

Josh Adams, wat tot dusver vyf drieë vir Wallis by vanjaar se skouspel gedruk het, is egter min gespin oor Huget se kommentaar.

“Almal is geregtig op ’n opinie,” het Adams volgens WalesOnline gesê­.

Gooi

“Ons het miskien in die verlede gespeel om dinge tight te hou deur die bal meer te skop. Dit is egter alles deel van die game plan.

“Ons kyk na ’n area in ’n game waar ons die opposisie onder druk kan plaas.

“In ons laaste vier games, dink ek, het ons goed gedoen deur die bal so ’n bietjie rond te gooi. Ons het goeie drieë gaan druk.”

Adams kry vandag die kans om ’n Walliese legende, Shane Wil­liams, se rekord te ewenaar én te verbeter. Williams het al ses drieë vir die Rooi Drake in ’n toernooi gedruk. Volgens Adams was hy nie eens bewus van dié rekord nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters