3 maande gelede
VSA soek nóg ’n titel
in die nuus: Alex Morgan wil ook tee drink teen Nederland. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

AMERIKA verdedig vandag sy Wêreld­beker-titel en Alex Morgan wil glo nóg tee drink in die eindstryd teen Nederland.

Morgan, een van Amerika se beste spelers, het reeds geskiedenis gemaak deur ’n derde agtereenvolgende eindstryd te bereik.

Heelwat is gesê oor haar celebration van ’n doel in die halfeind teen Engeland toe sy gemaak het asof sy tee drink.

Of dit ’n poging was om die Engelse uit te tart oor hulle liefde vir tee, of iets heeltemal onskuldigs was, die 30-jarige doelskieter het sommer baie media-aandag daaroor gekry.

“Die manspelers doen allerhande celebrations in groot wedstryde en dan is dit niks nie,” het Morgan gesê.

“Ek drink tee en nou is die media op hol daaroor. Ek neem dit glad nie ernstig op nie. Ek lag eerder.”

Sy het vyf doele aangeteken in die rekord-oorwinning met 13-0 oor Thailand waarmee Amerika sy verdediging van die trofee begin het.

Megan Rapinoe is egter tot dusver die groot ster van die toernooi. Die middelveldspeler het ál haar span se doele behaal in die seges oor Spanje en Frankryk voordat sy weens ’n dyspierprobleem die semi teen die Engelse gemis het.

Rapinoe sê sy behoort betyds reg te wees vir Jill Ellis (breier) se span vir die eindstryd in Lyon.

Daar sal Amerika ’n vierde Wêreldbeker-titel probeer verower in die ag uitgawes van die toernooi.

Ongelooflik

Dit sal sy status as die dominante krag in internasionale vroue-sokker beklemtoon.

“Dis regtig ongelooflik om in die laaste drie Wêreldbeker-eindstryde te kon wees,” het die veteraan Carli Lloyd gesê.

“Nie almal kan dit sê nie, al weet ons daar is nog baie werk om te doen. Dis ongelooflik. Dit is ’n toets vir hierdie span. Hopelik kan ons ’n goeie vertoning lewer.”

Die 2015-toernooi, wat deur Amerika gewen is, was die eerste Wêreldbeker-toernooi in Nederland, maar die Oranje span het sedert Sarina Wiegman die leiding geneem het, merkwaardige suksesse behaal.

Sy het 12 oorwinnings in 12 wedstryde by groot toernooie behaal. Dit het gelei tot sukses in Euro 2017, waar hulle 2011 se wenners, Japan, Italië en Swede in die uitkloprondes getroef het. – SuperSport.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters