8 dae gelede
Volpunte vir japan se WB
WELGEDAAN! Kotaro Matsushima (in “kopklem”) se spanmaats wens hom geluk met een van sy vele drieë vir Japan.Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

RUGBY se eerste Wêreldbeker-toernooi (WB) in Asië was ’n reuse-sukses.

Die spel was van hoë gehalte, daar was genoeg upsets en Japan was ’n briljante gasheer.

Sy span uitstekend het vertoon en van ’n distance af lyk dit asof die hele Japan die toernooi embrace het.

Die Japannese het deurentyd hulle beste voet voor gesit en al die spanne laat welkom voel.

Wat my voor die toernooi al beïndruk het, was dat die locals die moeite gedoen het om hulle besoekers se volksliedere te leer ken.

Dis ’n klein, maar kragtige gebaar wat talle hartsnare geroer het. Hopelik sit die volgende gasheer, Frankryk, dit in 2023 voort sodat dit ’n tradisie kan word.

Die aantreklike hoëtempo-spel van Japan was ook iets vir die oog.

Onder die breierskap van die voormalige All Blacks Jamie Joseph en Tony Brown is Japan beslis nou ’n span waarmee die wêreld moet rekening hou.

Tifoon Hagibis het die WB nie te erg geraak nie en die gasheer se hantering van dié potensiële ramp was baie goed.

Manne soos Cheslin Kolbe, Aaron Smith en Owen Farrell was deurentyd puik en het bygedra tot die toernooi se sukses.

Die rugbywêreld het ook reuse soos Sonny Bill Wil­liams, Alun-Wyn Jones, Kieran Read, Steve Hansen en Warren Gatland gegroet.

Werk

Makazole Mapimpi, Kotaro Matsushima en Josh Adams het gemol vir die titel van top-driedrukker.

Daar lê egter ook baie werk vorentoe vir rugby.

Wêreldrugby moet verseker dat skeidsregters, hulle assistente en TMO’s meer gereeld die regte beslissings maak sodat die uitslag van minder wedstryde afhang van verkeerde beslissings.

Andersins, Japan, vat vyf!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters