26 dae gelede
‘Virus ofte not, dis Reds se titel’
Gary Neville  ~ Getty Images

GARY Neville, gewese Manchester United-kaptein, het advies vir die Liverpool-legende Jamie Carragher.

Bly kalm, want Liverpool sal ten spyte van die corona-virus steeds as kampioen van die Engelse Premierliga gekroon word.

Volgens Neville kan dít nie uitgestel word nie en vrees Carragher verniet dat sy ou span daarvan weerhou gaan word om vir die eerste keer in 30 jaar dié titel te wen.

Liverpool is tans boaan die EPL-punteleer met ’n voorsprong van 25 punte op laas seisoen se kam­pioen en tans tweede geplaaste Manchester City. Maar die Premierliga se owerhede het bevestig alle stryde word nou tot 3 April gestaak.

Denke

Carragher het die aankondiging bevraagteken op die sosiale media oor wat volgende moet gebeur met die Merseysiders.

Hy het bygevoeg dat die volgende seisoen nie kan begin sonder dat ’n kampioen gekroon is vir die huidige seisoen nie.

“Die inevitable het gebeur,” het Carragher getwiet. “Jy kan nie volgende seisoen begin sonder dat jy ’n kampioen het nie,” was Carragher se denke.

Neville het op sy beurt gereageer deur te sê enige iets kan nog gebeur.

“Niks kan in hierdie stadium uitgestel word nie. Dis unprecedented!” het Neville bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters