2 maande gelede
UwK kan 2015-sukses wéér proe
CLINTON HERWEL Foto: WE BROWN  ~ 

DIE Universiteit van Wes-Kaapland se Varsity-sokkerspan is die laaste ruk die talk of the town – en waarom nie?

Stanton Smith (afrigter) en sy UWK-span is op ’n missie om die glorie van 2015 herleef.

Die UWK pak die Noordwes-Universiteit Donderdag in die halfeindronde in die UWK-stadion.

As hulle dié stryd wen, verseker hulle ’n tuiseindstryd.

Dis omdat die studente van Bellville ná sewe wedstryde bo-aan die punteleer geëindig het.

Dit sluit in vier seges, een gelykop uitslag en twee nederlae.

Heyday

Die sukses van 2015 kan toegeskryf word aan die goeie vennootskap en verstandhouding tussen Smith en die huidige hoof van sokker by die universiteit, Salie Adams, wat destyds die hoofafrigter was.

Adams, wat in sy heyday beroepsokker vir Maritzburg United en Santos gespeel het, is al lank genoeg in die game om te weet wanneer hy gehalte sien.

Son op Sondag het Adams gepols oor wie van die UWK se huidige spelersgroep gereed is om ’n step-up na die Premierliga te maak.

Adams het drie great kandidate uitgewys.

“Clinton Herwel, Luke Vester en Jaydan Petersen behoort goeie rekenskap van hulleself in die PSL te gee,” het Adams laat hoor.

“Luke is ’n baie slim sokkerspeler, baie temperamenteel, meer van ’n midfielder as jy my vra.”

Wat Petersen betref, is dit sy blitsige spoed en oog vir doele wat Adams oortuig het hy kan op ’n hoër vlak speel.

“Hy moet egter geleer word hoe om sy ander qualities, soos heading en dribbling, ook te gebruik.”

Dan is daar die ervare Herwel, wat goeie vaardighede met sy kop onder die hoë bal het.

Herwel het ook ’n oog vir doele en dis een van die redes waarom die UWK bo-aan die punteleer geëindig het met ’n beter doeleverskil as die Tshwane Universiteit vir Tegnologie.

Adams verduidelik: “Ek het nog altyd gesê Herwel is soos ’n jong Wayne Arendse.

“Dié spelers moet saam met ander ervare spelers speel – wat dit game ná game doen – sodat hulle kan sien hoe dit gedoen word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters