9 dae gelede
Telea-driekuns laat Blues cruise
Op dreef: Matt Duffie van die Blues klop die Waratahs se ver­dediging.  ~ Gallo Images

DIE Blues het die Waratahs gister in die Mc­Donald Jones Stadium heel maklik geklop – 32-12.

Dit was ’n taai eerste helfte. Albei spanne het gesukkel met hulle ritme.

Die Blues het eerste ’n drie aangeteken toe die losvoorspeler Blake Gibson sy krag gebruik het om oor die lyn te kom ná 10 minute se spel.

Die losskakel Stephen Perofeta het die doelskop gemis, maar later ’n strafskop oorgesit om sy span ’n 8-0-voorsprong te gee.

Die Tahs het wel die eerste helfte goed afgesluit met ’n pragdrie deur die senter Lalakai Foketi.

Will Harrison het dit verdoel om die rustydtelling 7-8 te maak.

Probeer

Ná die rustyd het die Blues twee vinnige drieë gedruk – een deur Joe Marchant en een deur Mark Telea – om die telling 20-7 te maak.

Al het die Blues in beheer gelyk, het die Tahs nooit opgehou probeer nie. Die blits Mark Nawaqanitawase het, nes verlede week, gaan druk. Harrison het die doelskop verbrou, wat die telling 12-20 gemaak het.

Al was die Tahs op die aanval, het Jake Gordon, die skrumskakel, ’n fout begaan waarop die Blues gekapitaliseer het en Telea het sy tweede drie aangeteken.

Kort daarna het Telea sy derde drie gedruk om ’n 32-12-oorwinning vir die Blues te verseker.

Puntemakers:

BLUES – drieë: Blake Gibson, Joe Marchant, Mark Telea (3); doelskoppe: Stephen Perofeta en Harry Plummer; strafdoel: Pe­rofeta.

WARATAHS – drieë: Lalakai Foketi, Mark Nawaqanitawase; doelskop: Will Harrison.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters