Verlede maand
Tahs fans wil Folau terug hê
Kop aangesit: Die Chiefs se Brad Weber vier een van sy twee drieë. Foto:  ~ Getty Images

DIE nederlaag teen die Chiefs was so skandelik dat ondersteuners van die Waratahs gesoebat het vir Israel Folau se onmiddellike terugkeer na Superrugby.

Die Chiefs het die Tahs Vrydag in Wollongong met 51-14 geklop.

Folau, ’n voormalige Tahs-ster, speel rugbyliga in Europa. Sy kontrak met die Australiese Rugbyunie is laas jaar opgeskeur ná sy kommentaar oor gays en dronkaards wat hel toe gaan vir hulle sondes.

Die Tahs kon nog net een match dié seisoen wen. Vrydag se nederlaag teen die Chiefs was hulle ergste tot dusver.

Gemince

Die Chiefs het boonop geskiedenis gemaak deur die Tahs vir die eerste keer in 13 jaar in Australië te gaan klop.

Rob Penney, Tahs-afrigter, het nie sy woorde oor sy spelers se vertoning gemince nie.

Hy sê: “Dis 51 punte, sjoe! Daar kan ’n paar brutale terme gebruik word vir wat op die veld gebeur het. Dit wek kommer. Hoe het dit gebeur?

“Daar was ses keer dat ons net die bal uit ons hande laat val het en dít was boonop foute deur goeie spelers.

“Deur die hande en teen die bors vas. Dit gebeur dalk weens druk, maar dis onaanvaarbaar en net vernederend.”

Puntemakers

WARATAHS – drieë: Kurtley Beale, Jack Dempsey; doelskoppe: Will Har­rison (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters