15 dae gelede
Taai wedstryd wag vir Arsenal
OLE GUNNAR SOLSKJÆRFoto: GETTY IMAGES  ~ 

ASOF Manchester United nie genoeg uit­dagings beleef nie, is Ole Gunnar Solskjær (afrigter) se span verder mank gelaat vir môre se Premier­liga-wedstryd teen Arsenal op Old Trafford.

Dis omdat sleutelspelers soos Marcus Rashford, Paul Pogba en Anthony Martial na bewering nie betyds fiks sal wees nie.

Die Baby-faced Assassin (Sol­skjær se bynaam in sy speeldae) is onder geweldige druk met net twee oorwinnings in hulle vorige ses wedstryde.

Dus kan Solskjær nie bekostig om vas te val in dié stryd in die Theatre of Dreams nie.

Solskjær het uitgewys hy sal werk met wat hy tot sy beskikking het.

“Natuurlik sien ons uit na die stryd,” het die Noorweër vol vertroue gesê.

“Ons het goed voorberei en die spelers is gefokus.”

Die Red Devils sal ook inspirasie wil put uit hulle voortreflike rekord teen die Gunners op Old Trafford.

United is onoorwonne in sy vorige 12 wedstryde teen die Londense besoekers in Manchester.

Maar United het dié seisoen reeds drie van sy ses ligawedstryde verloor.

Solskjær meen sy span is nog besig om te evolve.

“Dis ’n jong span wat leer en elke dag verbeter.

“Hulle moet vertroud word met die spelpatrone en elke dag daarmee werk om dit gewoond te raak,” verduidelik Solskjær verder.

“Ek werk elke dag met hulle op die oefenveld en daar is definitief geen kwessies of houdings nie.

“Die groot vraag is of ons onsself kan vertrou,” het Solskjær afgesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters