Verlede maand
Swart afrigters ly
UITBLINKER: Jonathan Mokuena het die Blitsbokke in sy speeldae met groot welslae aangevoer. Foto’s: GALLO IMAGES  ~ 

DAAR heers tans groot ongelukkigheid onder sekere hooggekwalifiseerde afrigters in die land oor die gebrek aan vertroue in hulle ver­moëns.

Swart rugby coaches in Suid-Afrika voel hulle word onregverdig deur sekere sektore van die media geteiken – nog voordat hulle hulself kan bewys.

Al het die breier ál die nodige kwalifikasies, word hulle oor die hoof gesien sodat die poste vir wit breiers gehou word wat minder ervaring en kwalifi­kasies het.

Peter de Villiers, voormalige Springbok coach, moes vandeesweek sy kwalifikasies in die sosiale media plaas om te wys hy’t die nodige papiere om die Kings af te rig.

Dit was nadat fake news oor sy gebrek aan kwalifikasies in die media versprei is. En dít van ’n coach wat reeds sy land met groot welslae op die hoogste vlak afgerig het.

Die Snorman is een van die suksesvolste Bokbreiers in die geskiedenis van SA rugby.

De Villiers het die All Blacks drie keer in sy loopbaan geklop én die Drienasies-titel ver­ower. Hy spog boonop met ’n reekssege oor die Britse en Ierse Leeus.

Regverdige

Hy is die beste kandidaat vir die job om die Kings af te rig.

Dit is egter duidelik dat daar sekere sektore van die media is wat hom wil laat sleg lyk sodat hy nie die job kan kry nie.

Nog ’n talentvolle swart afrigter wat tans nie ’n regverdige kans kry om hom op ’n hoër vlak te bewys nie, is Jonathan Mokuena.

Mokuena, voormalige kaptein van die Blitsbokke, het reeds vroeg in sy loopbaan as afrigter sukses behaal.

Hy het die Pukke in sy eerste jaar as mentor in 2016 na hulle eerste Varsitybeker-titel gelei.

Hy het ook die Luiperds in die eerste afdeling van die Currie Cup suksesvol afgerig.

In sy speeldae het Mokuena nie net as ’n Blitsbok presteer nie, hy het hom ook as ’n voortref­like losvoorspeler vir Griekwas, die Lions en die Cheetahs onderskei.

Hy het dus nie net groot sukses as speler behaal nie, maar het beslis ook die nodige ervaring en kwalifikasies as ’n coach­.

Dit sou die ideale geleentheid gewees het om hom as die afrigter van die Cheetahs in die Currie Cup aan te stel.

Om die een of ander onverklaarbare rede word Mokuena egter nie as goed genoeg beskou nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters