2 maande gelede
Streeptruie bly tops in hul afdeling
EDWILL VAN DER MERWE Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Westelike Provinsie het Vrydag in Durban sy onoorwonne aanvang tot dié jaar se SuperSport Rugby Challenge voortgesit deur die Sharks met 47-20 te klop.

Die streeptruie het met dié sege seker gemaak hulle bly in die eerste plek in die kompetisie se suidelike afdeling.

Jerome Paarwater, die WP-breier, se span het sewe drieë onderweg na hulle derde sege gedruk.

Die haastige vleuel Edwill van der Merwe was die besoekers se groot ster met twee drieë op Kingspark se B-veld.

In die noordelike afdeling het die Pumas ook hulle onoorwonne veldtog voortgesit deur die Luiperds in Mbombela met 40-30 af te slag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters