17 dae gelede
Spurs sonder Lamela teen Toffees
Erik LamelaFoto: GETTY IMAGES  ~ 

TOTTENHAM Hotspur se kanse op ’n oorwinning vandag teen Everton in die Premierliga is ’n gevoelige knou toegedien.

Erik Lamela, een van Spurs se invloedrykste spelers, is nie vir vandag se game op Goodison Park in Liverpool beskikbaar nie.

Tottenham het op sy website laat weet die Argentynse middelveldspeler sukkel tans met ’n dyspierbesering waarvoor hy behandeling ontvang.

Spurs trek deesdae maar swaar. Die span het boonop laas week met 1-2 teen die Premier­liga-voorloper, Liverpool, verloor.

Geskors

Dan is daar nóg dyspier worries vir Spurs. Jan Vertonghen (ver­dediger) moes ook eers sy fiksheid vir vandag se game bewys. Dit plaas die Londense klub in ’n moeilike posisie.

Danny Rose (left back) gaan ook die aksie misloop. Hy is vir een wedstryd geskors.

Hugo Lloris, kaptein en eerstekeuse-doelwagter van Spurs, is steeds buite aksie weens ’n skouerbesering.

Mauricio Pochettino, afrigter, sal dus die gate behoorlik moet toestop as Spurs vandag wil wen.

Everton vaar egter ook nie te waffers in die liga nie en sal beslis nie die gunsteling wees om dié een te wen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters