8 dae gelede
‘Soul-searching’ vir bekersukses
Slyp-slyp: Thabo Nodada in aksie op die oefenveld vir die Citizens.  ~ Gallo Images

THABO Nodada, Cape Town City se generaal, het erken hulle het baie soul-searching gedoen met die hoop om hulle seisoen weer op koers te kry.

Sedert Benni McCarthy die trekpas gekry het, het City se wiele lelik afgeval en stel hy erg teleur.

Jan Olde Riekerink (afrigter) en sy City-span skuif hulle aandag na die Nedbank Cup-reeks wanneer hulle die Eerste Liga-span Mbombela in die Kameelrivier Stadion pak.

Dis vir hulle stryd in die Nedbank Cup se ronde van 32.

City het reeds in die verlede albei bekerkompetisies, die Telkom- sowat al die MTN8-titel, verower.

In sy eerste bestaansjaar het City die Telkom-beker gewen.

Hy het dit opgevolg met sukses in die MTN8-kompetisie onder leiding van McCarthy.

Die vooruitsig om ál die trofeë in sy trofeekas te hê, wink nou vir City.

Dis ook waarom City se kaptein, Nodada, só vol woema is oor hulle bekervooruitsigte.

Nodada reken daar is ’n nuwe gees in die kamp voor vandag se stryd teen die Eerste Liga-span.

Nodada het laat hoor: “Ons het natuurlik soul-search­ing gedoen sodat ons kan begin regruk.

“Dinge begin nou regkom en ons moet positief bly.

“Dis ons kans om die seisoen op ’n hoë noot af te sluit, ongeag wat tot op hierdie punt gebeur het.

“Die feit dat ons nog nie die titel gewen het nie, spoor ons aan om sukses te behaal,” het hy bygevoeg.

Die 24-jarige is ook goed bekend met die toestande by Kameelrivier omdat dit destyds sy tuisveld was toe hy nog vir Mpumalanga Black Aces uitgedraf het.

“Dit gaan ’n moeilike stryd wees weens die hitte,” het Nodada verduidelik. “Ons sal op ons hoede moet wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters