7 dae gelede
Solskjaer is optimisties
Axel Tuanzebe  ~ Getty Images

OLE Gunnar Solskjær, bestuurder van Manchester United, het geskimp Axel Tuanzebe kan sy troefkaart wees teen sy leenklub, Aston Villa.

Boonop reken Solskjær dat dié speler selfs United se team talk kan gee.

Die 22-jarige verdediger geniet tans sy tweede stint by die Premierliga-nuweling en het ’n sleutelrol gespeel toe Villa laas seisoen promosie na die topliga gewen het.

Tuanzebe is ook goed bewus van Villa se sterk en swak punte, wat United kan help om Villa vandag op Old Trafford te stuit.

“Axel kan vir ons die team talk gee,” het Solskjær gesê.

“Axel doen tot dusver fantasties. Hy is fiks en beskikbaar en gee my nóg ’n kopseer. Sien, ons het nóg spelers wat terugkeer.

“Ons het gesukkel met beserings en nou kry ons meer en meer spelers wat van hulle beserings terugkeer,” het die Noorweër bygevoeg.

Solskjær verwag ook ’n positiewe reaksie ná Donderdag se nederlaag teen Astana in die Europa League.

Dis ook die rede hoekom hy baie goed oor sy beginspan sal moet besin.

Solskjær sal ook ’n call moet maak oor sy left back-posisie, waar spelers soos Luke Shaw, Ashley Young en Brandon Williams veg vir ’n plek in die beginspan.

“Ons het baie full-backs wat kan compete,” verduidelik Solskjær verder, “maar kom ons kyk hoe dinge uitkring voor Sondag (vandag).” AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters