4 maande gelede
Sokker in Afrika nou só getref
PRAGTIG: Die Afcon Cup word geraak.  ~ Gallo Images

BAFANA Bafana en ander Afrika-sokkerspanne se wedstryde later vandeesmaand is ook weens Covid-19 uitgestel.

Bafana moes op 27 Maart in ’n Afrikabeker-kwalifiseringswedstryd teen São Tomé en Príncipe speel.

Die o. 20-vrouesokkerspan moes eerskomende naweek en die daaropvolgende een ook in kwalifiseringswedstryde vir die o. 20 World Cup speel.

Die CAF, beheerliggaam vir sokker in Afrika, het in ’n verklaring gesê ’n nuwe skedule vir alle kwalifiseringstoernooie sal later aangekondig word.

Vandag

Intussen het Safa, beheerliggaam van die Suid-Afrikaanse Premiersokkerliga (PSL), nog nie ’n amptelike aankondiging oor die uitstel van wedstryde gedoen nie.

Twee Nedbank Cup-kwarteindstryde (Baroka t Black Leopards en Higlands Park t Sundowns) is gister beslis, met nog een (TS Sporting t Bloem Celtic) wat vandag gespeel word.

Wits het Vrydagaand met 4-0 teen Real Kings gewen om vir die Nedbank Cup se halfeindronde te kwalifiseer.

Sundowns is veronderstel om Dinsdag in ’n deurslaggewende PSL-styd teen Orlando Pirates te speel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters