13 dae gelede
Skopvoet laat Kings in steek
sorry: Berton Klaasen (Southern Kings) systap Jack Dixon (Dragons). Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Dragons se vuur was gister op Rodney Parade net ’n bietjie te warm vir die Southern Kings toe hulle met 27-22 geseëvier het.

Die Walliese span het net drie drieë gedruk en die Kings kon vier keer druk.

Die Kings se skopwerk het hulle in die steek gelaat. Masixole Banda (losskakel) kon net een van die vier drieë verdoel.

Hoewel die Kings weer vasgeval het, was daar ’n duidelike verbetering aan Deon Davids se span.

Die Dragons het sterk begin en in die derde minuut reeds ’n drie gedruk deur die flank Ollie Griffiths.

Hulle het bly aanval. Met 26 minute gespeel, het hulle al ’n voorsprong van 17-0 gehad ná nog ’n drie deur Aaron Wainwright (flank) en Josh Lewis (losskakel) se skopvoet.

Die Kings het egter al beter begin speel. Nadat hul kaptein, Mike Willemse, oorgeval het vir die eerste drie, het dinge verbeter.

Met die vleuel Bjorn Basson en skrumskakel Godlen Masimla se drieë was daar hoop, maar die Dragons het voor gebly deur Lewis se laat drie.

DRAGONS drieë: Ollie Griffiths, Josh Lewis, Aaron Wainwright, doelskoppe: Josh Lewis (2); strafskoppe: Lewis (2).

KINGSdrieë: Mike Willemse, Bjorn Basson, Godlen Masimla, Yaw Penxe; doelskop: Masixole Banda

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters