15 dae gelede
Skommel is straks hulle voorland
Alex Oxlade-Chamberlain  ~ Getty Images

LIVERPOOL en Tottenhham Hotspur kan albei behoorlik geskommel word vir vandag se Premierliga-wedstryd op Anfield.

Liverpool word deur Jürgen Klopp bestuur en Mauricio Pochettino is Tottenham Hotspur se bestuurder.

Daar word erg gegis Spurs dat nog nie die letsels van die Cham­pions League-treurmare teen die Reds afgeskud het nie en dat die sokkerspan steeds ’n paar wraakgedagtes koester.

Terwyl Klopp-hulle voortbou op laas seisoen se Champions League-sukses, gee die span die pas in die Premierliga aan in hulle soeke na liga-glorie.

Dis waarom Klopp straks weer vir Joël Matip en Trent Alexander-Arnold kan inspan.

Dié duo het uitgesit tydens hulle Champions League-sege van 4-1 oor Genk.

Dejan Lovren en Joe Gomez het in dié stryd vir die Merseysiders diens gedoen. Hulle sal waarskynlik weer bank toe skuif.

Klopp sal ook seker vir Mohamed Salah, wat teen Genk sukses behaal het, in sy beginspan insluit.

Net so moet Alex Oxlade-Chamberlain, wat teen die Belgiese span geskitter en twee doele aangeteken het, ook beloon word met ’n posisie in die eerste X1.

Pochettino sal ook moet goed besin oor sy beginspan.

Spurs het hierdie afgelope seisoen nog nie ’n enkele wedstryd weg van sy tuisveld gewen nie.

Dis veral hier waar Spurs se Christian Eriksen vir die nodige vonk en kreatiwiteit sorg om hulle aanval te versterk.

Met ’n Europese stryd is dié speler van Denemarke vir hulle kliniese sege van 5-0 oor Red Star Belgrade op die bank gelos.

Pochettino sal dit moet oorweeg om weg te breek van die defensive kombinasie van Tanguy Ndombele en Moussa Sissoko. Hulle twee bied min op die aanval.

Eriksen is die geskikste speler. Hy kan ’n goeie diens verskaf aan sy spanmaats Son Heung-min en Harry Kane.

Dít is die enigste kans wat die span van Londen sal hê om die onoorwonne Merseysiders te stuit. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters