3 maande gelede
Sharks en Jaguares mis die bus
Held: Brad Weber kon druk vir die Chiefs. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Sharks en Jaguares het gister albei gulde geleenthede verspeel om Nieu-Seelandse Superrugbyspanne te klop.

Die Jaguares het in ’n opwindende wedstryd teen die Highlanders in Dunedin met 27-32 verloor. Kort daarna het die Sharks hulle toer met ’n nederlaag met 23-29 teen die Chiefs in Hamilton afgesluit.

Vasgehou

Albei spanne het wel bonuspunte verdien oor hulle met minder as sewe punte verloor het. Die Sharks is danksy hulle bonuspunt teen die Chiefs nou weer eerste op die punteleer van die Afrika-konferensie.

Die Bulls is tweede – danksy ’n beter punteverskil – en die Jaguares het aan hulle derde plek vasgehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters