12 dae gelede
Sharks bly wen, maar ...
TRY TIME: Curwin Bosch en sy Shark-spanmaats is vyf punte ryker.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Sharks bly onoorwonne in die Curriebeker-kompetisie, maar harde werk wag nog as hulle ’n ernstige aanspraakmaker op die Goue Beker wil wees.

Die Durbaniete het Vrydagaand op hulle tuisveld met 28-12 teen die Pumas gewen, maar moes tot in die tweede helfte wag om die besoekers se wurggreep af te skud.

Die Pumas was in die rustyd welverdiend met 12-7 voor.

Die Sharks se afronding en hanteerwerk verdien aandag.

Die Sharks het ná die rustyd na ’n hoër rat oorgeskakel en drie spogdrieë gedruk. Dit het die skaal in hulle guns geswaai.

Aphelele Fassi en Curwin Bosch se drieë was veral juwele.

Albei het gekom ná goedgeplaaste dwarsskoppe deur die losskakel, Robert du Preez.

Fassi en Bosch het albei groot vaart gewys om die bal op die regte oomblik op te raap en te gaan druk.

Fassi is nog nat agter die ore, maar is duidelik vir groter dinge bestem. Hy is blitsvinnig en doen alles voluit.

Die Namibiër Johan Deysel het self mooi afgerond nadat die stut Juan Schoeman sterk deurgebreek het.

SHARKSdrieë: Jeremy Ward, Johan Deysel, Aphelele Fassi, Curwin Bosch; doelskoppe: Robert du Preez (4).

PUMAS – drieë: Ruwellyn Isbell, Le Roux Roets; doelskop: Chris Smith.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters