19 dae gelede
Selfvertroue gee Lerena 'n boost voor titelgeveg
SKRIK vir niemand: Kevin Lerena neem ’n blaaskans tydens ’n oefensessie. Foto:GALLO IMAGES  ~ 

KEVIN Lerena se selfvertroue en geloof in sy vermoëns kan sy grootste bondgenoot wees op pad na wêreldroem.

Die IBO se tussengewigkampioen sê in ’n onderhoud aan Luca Rosi van die tydskrif Boxing Monthly hy sal teen enige bokser en enige tyd deur die toue klim.

Lerena verdedig sy titel op 21 September by Emperors Palace teen die gevaarlike Sefer Seferi.

Dit word beskou as sy eerste groot stap om die wêreldtitels te verenig.

Hy het gesê om weg van die huis te boks is geensins ’n probleem nie.

“Ek sal reis waar ek moet. Dit skrik my nie af nie.

“Ek is ten alle tye gereed vir enige bokser op enige plek in die wêreld,” het hy vol selfvertroue gesê.

Onderskat

Terwyl Lerena besig is om wêreldboks se leer te klim, het hy aan TimesLive gesê hy het al aan­biedinge van oorsee van die hand gewys om teen groot name se boks omdat hy glo die prysgeld is onvanpas.

Lerena meen hy is in dié stadium van sy loopbaan R15 miljoen werd.

“Ek is op soek na ‘n million dollar payday,” het hy gesê.

Lerena moet Seferi egter nie onderskat nie.

Hy is eintlik ’n swaargewig wat nou na die tussengewigafdeling afgeskuif het.

Hy het ook al Tyson Fury ’n paar goeie houe in die gesig geslaan voordat hy die aftog moes blaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters