18 dae gelede
Seisoen eindig op hoë noot
uit! Miche Hendricks hardloop Sharney Erasmus uit op derde bof tydens die CTSA se Knockout-eindstryd tussen Lavender Hill en Westridge Yankees. Foto: RASHIED ISAACS  ~ 

DIE gordyn het gesak op die plaas­like sagtebalseisoen en geesdriftiges kon nie vir ’n opwindender einde gevra het nie.

Laas naweek – voor die aflas van alle sport weens die corona-virus – is die League en Knockout Cup-eindstryde beslis.

Die spanne van Westridge Yankees en Lavender Hill het hulle klas en karakter getoon in dié stryde.

Yankees het laas Saterdag die ligatitel verower toe hulle Lavender Hill in die deciding game maklik met 6-1 geklop het.

Die oorwinning vir Yankees het beteken dat hy met 45 ligapunte ná 18 wedstryde in die Superliga-kompetisie oor drie rondtes bo Lavender Hill geëindig het.

Lavender Hill het egter die volgende dag die bordjies verhang deur die liga se Knockout Cup te wen.

Hy het Yankees in die eindstryd net-net met 3-2 geklop.

Gevorder

Met die twee spanne aan die einde van die sewende beurt gelykop met 2-2 moes die sudden death tie­breaker system ingespan word om die wenner te bepaal.

Chelsea Fortuin het van second base tot third gevorder en is deur Melissa Savage vir die wenlopie in die agste beurt ingekolf.

Albei spanne het twee gooiers in dié final ingespan. Albei het goeie rekeningskap van hulself gegee.

Lavender Hill het sy gooi-aanslag met Savage begin. Sy het vyf kolwers getrotseer, een rushou toegeken, twee vrystappe prysgegee en twee kolwers uitgeknikker.

Daarna het Grivonne Rhoda oorgeneem en in die proses vyf kolwers uitgehaal, drie vrystappe toegelaat en drie shattered hits aan Candice Bull, Fayruz Adams en Jacky Adonis afgestaan. Hulle gooiwerk vir Lavender Hill was deurslaggewend.

Vir Yankees het Megan Cable aanvanklik en Natalie Abrahams later die gooiwerk behartig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters