7 dae gelede
Sege oor Rebels straks te laat
Kragman: Juarno Augustus het Vrydag uitgeblink toe hy as plaasvervanger teen die Rebels aangewend is.Foto: Gallo Images  ~ 

AL HET die Stormers Vrydag hulle eerste oorwinning van hulle oorsese toer behaal, is dit dalk te laat vir Robbie Fleck om sy job as Stormers coach te behou.

Die Kapenaars het tot dusver vanjaar uiters swak vertoon en gesukkel om na hulle volle poten­siaal te speel.

Vrydag het Fleck se span vir die eerste keer vanjaar vlam gevat met ’n oortuigende sege van 41-24 oor die Rebels in Melbourne.

Die vraag is nou of dit genoeg gaan wees vir Fleck om aan te bly as die Stormers-mentor.

Son op Sondag het vandeesweek betroubaar verneem die grootbase van Nuweland was erg omgekrap oor die vrot vertoning van Fleck as afrigter.

Verstryk

Die voormalige Bok-senter het sedert sy aanstelling as die afrigter van die Stormers vier jaar gelede min sukses in die Superrugby-reeks behaal.

Al verstryk sy kontrak eers aan die einde van die Superrugby-seisoen, is daar glo reeds ’n besluit geneem dat dit nie saak gaan maak of die Stormers teen die Rebels wen of verloor nie.

Die grootbase het straks reeds hullemindsopgemaak dat Fleck by sy terugkeer na die Kaap ’n backseat moet vat.

Hulle wil hê John Dobson moet as hoofafrigter oorneem, met Fleck wat in ’n ander hoedanigheid sy kontrak klaarmaak.

Voor Vrydag se kragmeting het die Kapenaars drie games in ’n ry op hulle toer van Australasië teen die Hurricanes, Blues en Reds verloor, en hulself so in die 11de plek op die algehele log bevind.

Die Stormers het 13 van hulle 14 games weg van die huis verloor.

Hulle het egter Vrydag met ’n verbeterde vertoning teen die span van Dave Wessels, afrigter van die Rebels, vorendag gekom.

Dit gaan interessant wees om te sien of dit genoeg is om Fleck se bas te red.

Die Stormers kom volgende week op Nuweland teen die Brumbies te staan voordat hulle die Bulls in die Moederstad gaan aandurf.

Die ander tuiswedstryde wat nog voorlê, is teen die Jaguares, die Crusaders, die Highlanders en Sunwolves.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters